Die hele dorp weet / Santie Grosskopf

Purchase & earn 2 points!R90.00

Out of stock

SKU: BB-012 Category: Tag:

Description

Die hele dorp weet / Santie Grosskopf

Second hand book in mint condition

Die hele dorp weet van Pappa wat weg is. Maryna sê haar ma sê so. En Gerhard het met Dawie baklei, al is hulle mekaar se tjammies, omdat hy gesê het Pappa het weggeloop. Maar Mamma het ons vertel dis net so ‘n stukkie waar. Pappa het nie weggeloop nie maar hy wil liewer by ‘n ander tannie gaan bly. Hy dink hy sal gelukkiger wees… En toe klink dit of Mamma hoes en nies tegelyk en sy soek na haar sakdoek en hou dit voor haar gesig. En rykie huil en sê: O, die skande, die skande! Die heks met haar rooi naels!”

So baie dinge is daar nou wat Soekie nie kan verstaan nie: Hoekom het Pappa dan met ‘n heks weggegaan? Gaan Mamma dalk nou met oom Tom trou? En sal sy en Rykie nie kan trou nie omdat hulle nie ‘n regte pa het om hulle in te bring nie? Maar die heel graagste wil sy weet wat om te doen dat SOnja-heks haar pappa weer vir hulle moet teruggee. Want alles, alles is net haar skuld.

Soeke se verhaal van hul gesin – ‘n gesin waaroor die skaduwee van egskeiding hang – sal soms ‘n glimlag by die leser opwek, maar terselfdertyd diep ontroer.

 

You were not leaving your cart just like that, right?

Enter your details below to save your shopping cart for later. And, who knows, maybe we will even send you a sweet discount code :)

×

Hello!

Click one of our contacts below to chat on WhatsApp

× How can we help you?